maart 5 2020

Pynlike komposisie

Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot, vir wie die boodskap vanuit jou hart, terwyl lang vingers snare saggies stoot, vir ‘n romantiese komposisie? Jou speelse posisie van kitaar in skoot, na wie verlang jy, as jou note klink soos ‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot?

Jou lenige nek, wieg teen kitaar se steel, ek sien jou trane deur lang hare ween, waar jy op ‘n sofa sit, voete-kruisbeen. Ek wil so graag klim, in jou pynlike komposisie, saam jou hartseer deurmaak, verstaan, jou uithaal, uit jou ongemaklike posisie.

Ek voel hoe jou vingerpunte, die snare pluk, ‘n hartverskeurende gehuilsnik, onderdruk.

Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , ,
Copyright 2021: Jan Nicolas. All rights reserved.

Posted 5 maart 2020 by Jan Nicolas in category "Gedichten